Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View June 2013 Issue >>
 

Liewe Vriend,
“Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.“ - Jesaja 44 v 3.
Daar is ‘n deurlopende ooreenkoms in boeke van die profete, tussen droogte en oorvloed, rivier en woestyn. In die voorafgaande hoofstuk van Jesaja, lees ons dat God “water in die wildernis en riviere in die woestyn” gee (v20). In Jesaja 53, die gewilde Messiaanse hoofstuk, lees ons dat Jesus Homself vergelyk met 'n plant wat wortel skiet in droë grond (v2).
In ‘n wêreld waarin bose en demoniese magte verwoesting veroorsaak onder die nasies, vervul hierdie beloftes die harte van die gelowiges met hoop. Waar daar niks is nie, is God in staat om uitbundige seëninge te gebied. Waar daar dood en verwoesting is, is ons Jesus in staat om lewe te bring en orde te herstel. In Sy teenwoordigheid spruit daar fonteine voort in die wildernis en in die droogste plekke kom daar ‘n oorvloed van goeie dinge. Hoe is dit moontlik? Deur Sy Gees! In die skrifte vooraf gekwoteer, benadruk die Here die skakel tussen Hom, wat Sy Gees uitstort en die vloede wat die dors les van ‘n uitgedroogde dorsland. Elke wonderwerk is ‘n resultaat van die aktiwiteit van die Heilige Gees. Bevind u dalk uself in ‘n droë, dorstige land vandag? Miskien het u deur middel van menslike wysheid en krag probeer om alles reg te maak, maar nie daarin geslaag nie. Kom gee alles vandag oor aan die Heilige Gees! Wend u tot Sy leidende Hand en vertroostende aanraking. Vertrou op Hom. Hy sal die riviere weer laat vloei.
Tesame in Sy diens
Tamryn Klintworth
Evangelis

VERVUL MET HOOP
Nadat sy al twee haar ouers verloor het, het dit nie alleenlik veroorsaak dat Nthidiseng (28) hoop in haarself verloor het nie, maar sy het ook hoop in die lewe verloor. Toe sy by een van haar bure verneem het van die EVATON Evangelisasie Veldtog, het sy besluit om dit te gaan bywoon. Die uitnodigende klank van gebed en musiek het haar getrek na die oop veld waar die dienste gehou was.
Vir die afgelope vier jaar, het Ntshidiseng gely aan uiterste depressie en angstigheid. Tot onlangs het die donkerheid gedreig om haar geheel en al te oorweldig, en was hierdie jong vrou op die rand van selfmoord. “Ek het nutteloos gevoel in hierdie wêreld en besluit om ‘n einde te maak aan my eie lewe,” het sy verduidelik. “Die Evangelis het gepreek dat Jesus my kon vrymaak. So, toe die uitnodiging na die altaar gemaak word, het ek vorentoe gegaan en Hom aangeneem as my Heer en Saligmaker. Gedurende die gebed, kon ek ervaar hoe die spanning en bekommernis my liggaam verlaat!”
In daardie enkele oomblik, op die vlerke van ‘n eenvoudige gebed, het Ntshidiseng se lewe vir altyd verander. Vervul met blydskap, kon sy nie ophou om die Here Jesus te loof en te prys nie. “Ek voel so verlig, so spanning-vry,” het sy getuig. “Ek het nou hoop en geloof in Jesus Christus. Hy is so groot en so liefdevol. Ek wil nou elke Sondag kerk toe gaan. Die Here verdien om aanbid te word.”  Waar daar eens verlatenheid en hopeloosheid geheers het, is daar nou vrymaking vir hierdie jong vrou. In Sy onvergelykbare Naam word die gevangenes vrygelaat!

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

WWW.INHISNAME.ORG.ZA

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication