Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View November 2017 Issue >>
 

Die Israelse polisie het onlangs meer as 15 Israelse jeugdiges wat hulleself as narre vermom het, in hegtenis geneem omdat hulle die publiek die skrik op die lyf gejaag het. Onder hulle was ’n 13-jarige seun, vermom soos Dracula, met ’n mes.

Dié voorval is deel van ’n internasionale gier geïnspireer deur die riller It. Die rolprent is op ’n Stephen King-roman gegrond met ’n bose entiteit, na wie as “It” verwys word, as die “hoofkarakter”. Hy manifesteer homself onder andere as Pennywise die Dansende Nar, kruip in rioolpype weg en vang kinders.

Terroriste en misdadigers kan hulleself as dié skrikaanjaende nar vermom en verwoesting saai. Die kinders wat hulleself as die nar vermom, kan hul lewens verloor of gewond word as iemand hul “grap” as ’n werklike bedreiging sou beskou. 

Ongelukkig het die nar-gier ook hier kop uitge-steek. Nog voor die rolprent in Suid-Afrika uitgereik is, het ek ’n koerantartikel gelees waarin ’n ouma skertsend spog oor haar kleinseun wat as 7-jarige  graag sy maats as die bose nar van die 1990-video  skrikgemaak het. Die artikel beskryf hoe sy nou haar 15-jarige kleinseun help om homself as die skrikwekkende moderne weergawe van die nar in die nuwe It-rolprent te vermom. Die artikel het afgesluit met ’n beskrywing van drie kinders wat histeries begin huil het toe die “nar” by ’n winkel instap.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication