Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.
Nagmaal is noodsaaklik vir die geestelike welsyn van Christene. Dit is nie opsioneel nie, ons Heer en Meester beveel ons om dit te onderhou. Dit is net so min opsioneel as die waterdoop (Romeine 6). Die Skrif sê: “Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” – 1 Korintiërs 11:26. Wanneer ons na die Nagmaaltafel kom, gehoorsaam ons die Here.