Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!
Met sy biljoene en die mag wat dit vir hom koop, probeer George Soros ’n volmaakte wêreld skep, ’n samelewing sonder grense, stryd en probleme – en sonder God. Sy eie Brave New World waar almal gelyk, vry en gelukkig is. Maar kyk ’n mens na die mensgemaakte “utopies” deur die eeue, het hulle sonder uitsondering op die grootste rampspoed nog vir die mens uitgeloop. Dink maar aan Josef Stalin, Adolf Hitler, Pol Pot, Mao Zedong …