Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View September 2019 Issue >>
 

Sandy is ’n 23-jarige sekretaresse by ’n kerk in Jaramana, Sirië, ’n stad wat die afgelope agt jaar van oorlog deur meer as 16 000 missiele getref is. Sy het al meer lyding gesien as wat enigiemand van haar ouderdom gewoonlik sien en meer ontbering verduur as wat iemand wat nog so jonk is, behoort te ervaar.

“Het jy dit al ooit oor die afgelope agt jaar oorweeg om Sirië te verlaat?” wou ons weet. Haar antwoord het ons sprakeloos gelaat: “As dinge ten goede verander, sal ek dit dalk oorweeg om te gaan, maar ons het besluit om gedurende die oorlog te bly sodat ons die ‘agente van verandering’ kan wees wat die verskil maak.”

Sonder dat sy weet, het Sandy insig gebied wat ook toepaslik is op die Suid-Afrikaanse konteks: Om te vlug of nie? Hoe reageer ons op die misdaad, korrupsie en gevare in ’n land waarvoor ons almal so lief is?

Jou ingesteldheid is van belang

Volgens SA People News woon byna ’n miljoen Suid-Afrikaners nou in die buiteland en hierdie getalle sal waarskynlik in die volgende jaar toeneem. Die les wat by Sandy te leer is, is nié dat sy besluit het om te bly nie, maar haar ingesteldheid terwyl sy bly. Die les uit Sirië is dus van toepassing op dié wat vertrek en dié wat bly.

Lees die volledige artikel in die Oktober 2019 uitgawe van JUIG! Tydskrif.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication