Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Engele is inderdaad dienende geeste aan gereddes (Heb 1:14), maar hulle is hoofsaaklik God se dienaars en daar om Sy bevele te gehoorsaam.

 
Answer:

Engele is inderdaad dienende geeste aan gereddes (Heb 1:14), maar hulle is hoofsaaklik God se dienaars en daar om Sy bevele te gehoorsaam. “Prys die Here, julle magtige engele, julle wesens wat Sy Woord uitvoer, wat luister na Sy Woord.” Ps 103:20. Ons gewone mense weet nie wat die Wil van God is nie en dit is baie aanmatigend om te probeer om Sy dienaars bevele te gee en te probeer voorgee ons weet wat die beste is. Die Bybel sê dat God eintlik die engele na die mense stuur om Sy opdragte uit te voer (vergelyk Matt 2:13, Hand 8:26 en 10:4).
Nêrens word ons geleer dat ons engele bevele kan gee nie. Die Bybel steun glad nie hierdie filosofiese lering nie. In die huidige stadium is engele nog ons meerderes. Selfs Jesus, toe Hy ’n  mens was, is “vir ’n klein rukkie minder gemaak as die engele” (Heb 2:9). Ons sal egter in die Ewigheid die engele oordeel (1 Kor 6:3).
Wat is ons verhouding met die engele terwyl ons op aarde is? God stuur hulle om ons te help en ons behoort rein en heilig te leef ten einde voorbeelde vir hierdie Hemelse wesens te wees. Ons is God se ‘vertoonvenster’ – “Die doel hiermee is om nou deur die kerk vir al die bose hemelse regeerders en magshebbers te wys hoe allesomvattend die wysheid van God se ewige plan is…” Ef 3:10.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication