U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek is al deur ’n paar mans in my kerk gevra om te trou, maar ek is lief vir iemand wat met my wil trou, maar nie weergebore is nie. Help my asseblief, wat moet ek doen?

 
Answer:

Ek kan slegs verwys na wat die Here in Sy Woord sê, en dit is dat jy slegs binne die Wil van God en die toestemming van die Heilige Gees moet trou. Hy het ’n spesifieke plan vir jou lewe en ’n verkeerde besluit kan baie pyn in die toekoms meebring.
Die eerste kriterium is duidelik: ons moet nie in ’n ongelyke juk saam met ’n ongelowige trek nie, anders gaan jy beslis ‘skoonpa-probleme’ hê. “Julle het uit die duiwel as julle pa ontstaan, en julle wil net doen wat hy as julle pa verwag. Hy was van die heel begin af ’n mensemoordenaar. En hy staan nie in verhouding met die waarheid nie omdat die waarheid nie in verhouding met hom staan nie.” Joh 8:44.
“Sal twee mense saam loop sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3.
“’n Vrou bly aan haar man verbind solank hy lewe. Maar as haar man te sterwe kom, is sy vry om met iemand van haar keuse te trou – mits hy ook ’n Christen is.” 1 Kor 7:39.
“Daarom: ‘Gaan van hulle af weg en hou julle eenkant, sê die Here, en moenie vat aan wat onrein is nie; dan sal ek julle ontvang.” 2 Kor 6:17.
Oordink en bid oor hierdie Skrifgedeeltes en moet nooit vergeet nie – die Here gee net die beste aan diegene wat die keuse aan hom oorlaat.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication