Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Met al die godslastering, geweld en seks op televisie, kyk ons gesin meestal natuurprogramme omdat dit pragtig en opvoedkundig is. Die probleem bestaan egter dat sommige van die aanbieders God se Naam ydellik tydens die programme gebruik. My vraag is nou wat ons as Christene ver-onderstel is om te doen? Moet ons nie langer na die programme kyk nie? Is dit wat God van ons verwag?

 
Answer:

Spr 4:23 waarsku: “Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.” Alles wat ons sien en hoor, gaan direk na ons onderbewussyn toe en word dan die basis van wie ons is en hoe ons optree en reageer. Dit is waarom die lees van die Bybel en die insink van die beginsels in ons geesmens so belangrik is. Ons moenie toelaat dat ons aan die wêreld se standaarde gelyk word nie, maar behoort eerder daarna te streef om ons denke te vernuwe sodat ons na Sy beeld verander kan word.
Jesus het uitdruklik verklaar dat indien enigiets “jou laat struikel…gooi dit weg van jou af.” Matt 5:29. Dit geld ook die televisie – ‘stem met jou voete’ en skakel die TV-stel af indien dit hinderlik raak. Daar is ook ander opbouende programme beskikbaar. “Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen...” Rom 12:2.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication