Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V: Die Bybel sê ons kan enigiets in die Naam van Jesus vra en ons gebede sal beantwoord word. Ek ervaar dit egter nie so nie. Verstaan ek iets verkeerd?

 
Answer:

A: Die Here beloof inderdaad om gebede te beantwoord, maar daar is baie besliste voorwaardes. Hy sal die onmoontlike doen, ons moet egter dit wat moontlik is, doen. Die Bybel sê ook dat ons moet glo – vanuit die hart – anders kan ons nie ontvang nie (Jak 1:5-8; Heb 4:2). Ons moet ook ’n verhouding met Hom hê andersins sal ons sonde Sy reaksie blokkeer (Jes 59:1-2, Jes 1:18, 1 Joh 1:9).
Die Bybel beklemtoon verder dat ons volgens die Wil van God sal ontvang (Jak 4:3, 1 Joh 5:14-15). God is beslis nie ’n slotmasjien wat outomaties op ons versoeke reageer nie. Soms is Hy in die lewens van individue besig en Sy tydsbegrip mag heelwat van ons s’n verskil (2 Pet 3:9).
Indien ons versoek vanuit ’n suiwer hart gerig word, volgens Sy Wil en sonder enige twyfel, kan ons verseker wees dat Hy ons op Sy manier sal antwoord en dat Sy tydsberekening perfek sal wees. Ons moet ook onthou dat God se antwoorde soms drasties van dít wat ons verwag, kan verskil. Laat God toe om God te wees.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication