U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V: Is dit verkeerd om jou toekoms deur ’n waarsêer te laat voorspel? Dit is tog se-kerlik skadelose pret, maar God is tog die enigste wat die toekoms ken en beheer daaroor het?

 
Answer:

A: Om in die okkulte, op watter manier ookal, betrokke te raak, is uiters gevaarlik en word ten sterkste deur die Skrif verbied. Dit is be-slis nie net ’n bietjie skadelose pret nie, maar skakeling met ons sielevyand en die gevolg kan katastrofies wees.
Dit is wat God se Woord sê: “Wanneer jy kom in die land wat die Here jou God aan jou gee, moet jy nie die afskuwelike gebruike na-aap nie van die nasies wat daar lewe nie. Byvoorbeeld, moet nooit jou seun of dogter as ’n brandoffer verbrand nie. Moenie betrokke raak by waarsêery of goëlery of by die interpretasie van voortekens of towery of beswerings of iemand wat geeste oproep of enigiemand wat dooies raadpleeg nie. Enigiemand wat sulke dinge doen, is ’n  gruwel vir die Here. Dis omdat ander nasies sulke dinge doen dat die Here jou God hulle voor jou gaan verdryf. Jy moet onberispelik wees voor die Here jou GOD. Hierdie nasies wat jy gaan verdryf, raadpleeg goëlaars en waarsêers, maar die Here jou God verbied jou om sulke dinge te doen.” Deut 18:9-14.
Die Bybel moedig enigeen wat in die okkulte betrokke is aan om onmiddellik die Here se vergifnis en bevryding te soek.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication