Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V: Indien ek ’n ouer wat al dikwels aan die Evangelie blootgestel is, het, wat is my verantwoordelikheid indien sy steeds verkies om ongelowig te bly? Die ouer is ’n weduwee; tog glo ek dat ons nie enige finansiële verpligting teenoor haar het nie. Paulus praat mos net met die Kerk wanneer hy sê dat ons vir die wees en weduwees moet sorg. Of praat hy dalk van álle weduwees en weeskinders?

 
Answer:

A: Die Woord sê ons moet vir ons ouers, of hulle gelowig is of nie, sorg. “Die wat nie hulle familie versorg nie, veral dié wat in dieselfde huishouding woon, verloën waarin ons glo. Sulke mense is slegter as ongelowiges.” 1 Tim 5:8. “‘Eer jou vader en jou moeder’ is die eerste van die Tien Gebooie waaraan ’n belofte verbind is: ‘Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank op die aarde mag lewe’.” Ef 6:2-3. Diegene wat hierdie bevel verwerp, loop ook die belofte mis! Hulle sal nie voorspoedig wees soos God dit bedoel het nie.
Die Kerk het slegs ’n verantwoordelikheid om vir gelowiges te sorg wat geen ander bron van inkomste of sorg het nie. “Indien ’n Christen-vrou weduwees in haar familie het, moet sy hulle versorg en nie die verantwoordelikheid op die Gemeente afskuif nie. Dan kan die Gemeente die weduwees versorg wat werklik alleen is.” 1 Tim 5:16.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication