God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V: Ek is reeds twee jaar lank in ’n seksuele verhouding. Ek bid dat God my sal vergeef, maar ek kan nie enige verandering maak nie. Dit is vir my baie moeilik om ‘nee’ te sê. Sal die Here my vergeef indien ek my sonde bely? Ek is baie bekommerd.

 
Answer:

A: Wanneer God sekere gedrag beveel en iemand doelbewus die bevel verontagsaam, verkeer daardie persoon in ’n baie gevaarlike posisie. Die Bybel sê in Luk 6:46 – “Waarom noem julle My dan ‘Here’ as julle My nie gehoorsaam nie?” Ongehoorsaamheid verwerp Sy gesag as Here – dit is sonde en sonde maak skeiding tussen ons en God.
Seks buite die huwelik is een so ’n bevel. Die Bybel beveel baie duidelik in 1 Kor 6:18 dat ons van alle seksuele onreinheid moet vlug. (1 Kor 6:18). ’n Ongetroude persoon het net een van twee opsies – bly enkel en selibaat, of trou. Lees 1 Kor 7:9 in dié verband.
Ware sondebelydenis vereis die besef dat ’n mens teen die Heilige Gees gesondig het. Dit is ’n gebroke hart en ’n begeerte om permanent die rug op sonde te draai, wat veroorsaak dat die mens weer in harmonie met sy Skepper kan leef. Die Here sal nooit ’n dowe oor op enige ware, hartgebroke smeking om genade draai nie. Berou behels net jammerte en bring nie ’n permanente hartsverandering mee nie.
‘Belydenis’ behels die ‘wegdraai’ van die verkeerde en om in ’n teenoorgestelde rigting te beweeg. Indien jy God gehoorsaam ten spyte van die koste en jou sonde opreg bely, sal die Here sekerlik vergewe. Draai na Hom toe terug terwyl daar nog tyd is. Sy Genade is elke oggend nuut! (Pred 3:23).

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication