God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V: Leraars maak dikwels groot aansprake oor hulle bedieninge, maar as ek na hulle lewens kyk, is wellus, leuens en die misbruik van geld, al wat ek sien. Hoe laat God dit alles toe?

 
Answer:

A: Die Here het duidelike riglyne in Sy Woord gegee betreffende die manier waarop ons ons lewens moet leef en ons ignoreer dit op eie risiko. Volgens 1 Korintiërs 3:13 lê daar ’n Dag van Rekening voor, wanneer ons le-wens deur die ‘vuurtoets’ sal gaan. Alles wat volgens die Here se oordeel waardeloos is, sal verbrand word. “As iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.” (v15). 2 Kor 5:10 sê: “Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.”
Dit is ook die moeite werd om Matteus 7:21-23 in verband hiermee te lees. Bid vir hierdie manne en vroue sodat hulle tot inkeer kan kom voordat dit te laat is. Wees egter self, met die hulp van die Heilige Gees, die beste voorbeeld van ’n gelowige “in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid” 2 Tim 4:12, want die wêreld hou jou ook dop.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication