God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V: Ek was altyd getrou aan my eks-man, maar hy het talle buite-egtelike verhoudinge aangeknoop en ons is uiteindelik geskei. Ek sal nooit weer trou nie, maar ek beplan ook nie om enkellopend en selibaat te bly nie. Ek het God bo alles lief en is siek en sat vir mense wat ander oordeel wat seksuele verhoudings voor die huwelik het. Nêrens in die Bybel staan daar dat seks voor die huwelik ’n sonde is nie (in daardie presiese woorde nie). Seksuele immoraliteit kan beteken net wat jy wil hê dit moet. Op die ou einde maak dit nie saak wat ander, ewe sondige mense dink nie, dit maak net saak wat God dink.

 
Answer:

A: Ja, dit maak inderdaad saak wat God dink. Wat sê Hy in Sy Woord oor seks buite die huwelik? Hier is ’n paar Skrifte om te oordink:
“’n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.” 1 Kor 6:13.
“Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ’n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die heilige Gees is nie: Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Jule moet God dus in julle liggaam verheerlik.” 1 Kor 6:18-20.
• Galasiërs 5:19 noem onsedelikheid (ontug – voorhuwelikse / buitehuwelikse seks), saam met owerspel (egbreuk) as “praktyke van die sondige natuur” en sê “die wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig” (v24). Met ander woorde, ons lewenstyl demonstreer die werklikheid van ons geloof.
“Bly weg van (onthou julle van) alles wat sleg is.” Tess 5:22.
“Maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.” 1 Kor 7:9 (ou vert.)
“Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.” Heb 13:4.
Ek het empatie met jou as iemand wat die pyn van verwerping ervaar het, maar moet asseblief nie toelaat dat hierdie pyn jou in ’n sondige en ongelowige rigting lei nie. Daar is wonderlike dinge wat in jou toekoms vir jou voorlê as jy net binne Sy wil bly en nie ’n lang, harde ompad neem wat net meer stres en pyn in jou lewe kan bring nie. God het jou liewer as wat jy ooit kan droom, Hy weet watter lewenstyl tot Sy eer sal strek.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication