Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:


My kerk het ’n Daniëlsvas uitgeroep deur nie vleis te eet nie. Het Daniël gevas deur net groente te eet, of het hy net nie vleis geëet nie omdat dit onrein was?
Volgens my is hierdie ‘vas’ ’n verkeerde interpretasie van die Skrif.

 
Answer:

Daar is verskeie tipes vas: Algehele vas (onthouding van alle voedsel en drank) tot gedeeltelike vas (onthouding van spesifieke voedsel- en dranksoorte). Die gedeeltelike vas wat as die Daniëlsvas bekend is, het niks te make met ’n negatiewe ingesteldheid ten opsigte van vleis nie. Enige vas gaan oor die opregtheid van die persoon wat vas onder die leiding van die Heilige Gees.
God het in Jesaja 58 skerp kritiek uitgespreek teenoor diegene wat nie met opregtheid gevas het nie. Romeine 14 handel oor beginsels rakende hierdie saak. “Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem…Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat ’n bepaalde dag op ’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here. Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God. En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, en ook hy dank God…Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ’n val kan bring nie.” (v3-13).
 Alhoewel ons onwrikbaar op die wesenlike Bybelse leerstellings staan (Goddelikheid van Christus, Drie-eenheid, Verlossing deur geloof, ens.), is daar ander sake waarin ons vry is om ons eie oortuigings te volg, om te vas is een van hulle. Laat ons elkeen die Here raadpleeg oor hierdie saak.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication