As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek het gevoel die Here lei my om Sy liefde te deel met ’n jong meisie wat in ons straat woon. Ek kon aanvoel dat sy baie pyn in haar lewe het. Sy sê dat sy haar lewe vir Jesus gegee het, maar sy vloek gedurig en misbruik die Here se Naam. Sy het my ook vertel dat sy verlief is op ’n ander vrou. Dink jy dat ek moet aanhou om by haar te kuier en meer van Jesus te vertel?

 
Answer:

As die Here aanhou om hierdie verantwoordelikheid vir die jong meisie op jou hart te lê, laat die Heilige Gees jou lei oor hoe en wanneer om met haar te praat. Sy ervaar pyn en haar houding demonstreer dit. Die Here het mense wat in die diepste sondekuile vasgevang was, ontmoet, en het wonders vir hulle gedoen. Noudat die Here haar oor jou pad gebring het, moet jy aanhou om daagliks vir haar verlossing en bevryding te bid.
Dit mag ’n goeie idee wees om ’n boek met ’n goeie getuienis vir haar as ’n geskenk te gee. Dit mag wel iets in haar hart aanraak. Paulus het gesê dat hy enige iets sal doen “om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.” 1 Kor 9:19,20. ’n Mens kan nie vir God liefhê en Hom terselfdertyd vloek nie, nog minder kan mens volhard in sonde én God dien. Sy het leiding, Bybelse lering en liefde nodig.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication