Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V. Ek lees oor ʼn groep in die VSA wat bidure ter ondersteuning van aborsie hou, met die ondersteuning van die plaaslike kerklikes. Is dit reg voor die Here? Sal Hy hulle gebede verhoor?

 
Answer:

A. Die Bybel is duidelik oor lewe en die dood. “Jy mag nie moord pleeg nie.” Eks 20:13. “Jy moet wegbly van leuens sodat jy nie onskuldiges en regverdiges doodmaak nie.” Eks 23:7. In plaas daarvan om ten gunste van iets te bid wat God haat, beveel Sy Woord ons: “Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.” Spr 31:8-9. Hier is wat God oor ongeoorloofde gebed te sê het: “As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek My oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek. Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.” Jes 1:15-17.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication