Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

A. Jesaja het die mense vermaan om slegs leiding te vra van die Here wat die Begin tot die Einde ken: “Laat jou voorspellers nou optree, laat hulle jou help, hulle wat die Hemel opdeel en die sterre bekyk, hulle wat elke maand bekend maak wat oor jou gaan kom. Maar hulle het soos stoppels geword, hulle gaan verbrand. Hulle kan hulleself nie red van die vlamme nie. Daar bly nie eens kole oor om jou by warm te maak nie, ʼn vuur om by te sit nie.” Jesaja 47:13-14.
Eeue lank is daar geglo dat ons sonnestelsel die middelpunt van die heelal is en dat dit die lewens en karakter van mense bepaal. Ons weet nou dat dit nie die waarheid is nie, trouens, die
ligging van die hemelliggame het deur die tye heen dramaties verander. Dit verg baie ‘geloof’ om te glo dat miljoene mense wat op dieselfde dag in dieselfde maand gebore is, spesifieke persoonlike leiding uit ʼn horoskoop kan vind.
Op sy minste is astrologie ’n kruk vir mense wat nie die moeite wil doen om ’n ingeligte basis vir besluite te vind nie. In die ergste geval word dit ’n kompulsiewe gewoonte, ʼn vals god wat ons met demoniese mag beïnvloed. Om astrologie en horoskopie ernstig op te neem kan baie gevaarlik vir jou geestelike gesondheid en welsyn wees. Volg liewer die Here se raad. “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee…” Jakobus 1:5.

 
Answer:



Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication