Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
JUIG! Augustus 2013

JUIG! Augustus 2013
In die Augustus-uitgawe van JUIG!, wat 22 Julie op die winkelrakke beskikbaar sal wees, skop ons af met die vraag of Christene lewensonderhoudende masjiene mag afsit. Dr. Elreza Mulder getuig van die krag van gebed tydens ʼn rooftog in die huis en ons volg dit op met ʼn artikel oor trauma en hoe Christene dit moet hanteer. In Lof met Louis raak Louis Brittz liries oor ʼn duisend manne wat saam God se lof uitdawer. Kom vind uit of daar hoop is vir gevalle helde, soos Lance Armstrong en Oscar Pistorius en lees in aansluiting daarby Bennie Mostert se artikel, ‘My ware identiteit’. Kom lees ook oor ons eie Suid-Afrikaanse held uit die geskiedenis, Danie Theron. Die gereelde reekse oor die boeke van die Bybel en die tien gebooie word voorgesit met die boek van Numeri en die Vyfde Gebod. Kry ʼn kykie hoe God deur die eeue uitvindings en tegnologiese ontwikkeling gebruik het om die Evangelie te versprei, in ‘Kubersending’. Ds. Dirkie van der Spuy lig ons in oor die groei van die Kerk in lande waar Christene vervolg word. Lesers kry geleentheid om te lees oor die sanger op ons voorblad, Ella Kritzinger  ̶  hoe God ʼn doodgewone huisvrou kan roep en gebruik om genesing in ander vroue se lewens te weeg te bring en maak kennis met die gholfspeler, Jake Roos.
-    Pitkos
-     Die Groot Besluit  ̶  Mag Ons Lewensondersteunende masjiene afsit?
-    Sirië  ̶  Geopende Deure
-    is Daar Hoop Vir ʼn Gevalle Held?
-    Bruce Wilkinson Loods ‘Teach Every Nation’ In Suid-Afrika
-    Die Vyfde Gebod: Eer Jou Vader En Jou Moeder
-    Die Bybel In ʼn Neutedop: Numeri
-    My Ware Identiteit: Bennie Mostert
-    Kubersending  ̶  God Se Volmaakte Tydsberekening
-    Wat Laat Kerke Groei: Dirkie van der Spuy
-    Ella Kritzinger  ̶  God Se Horlosie, Nie Myne Nie
-    Lof Met Louis  ̶  As Die Manne So Sing
-    Trauma  ̶  Hoe Moet Christene Dit Benader?
-    Oorval Deur Rowers
-    Mans Julle Moet Julle Vroue Liefhê: Piet Strauss
-    Tuisskoling  ̶  ʼn Leefstylkeuse Wat ʼn Lewenswyse Word
-    Jake Roos
-    Bloemfontein
-    Danie Theron  ̶  Held Van Die Anglo-Boereoorlog
-    Ware Nederigheid: Angus Buchan


Artikels in Ons Tydskrif

Held van die Anglo-Boereoorlog
Danie Theron is deur voormalige president Nelson Mandela geprys vir sy vegtersgees en sy vasberadenheid om te doen wat reg was vir ...
Lees Meer...
God Se Tydsberekening
Ella Kritzinger het haar eerste CD op ʼn laat ouderdom (in die musiekbedryf) uitgegee, nie omdat sy aspirasies gehad het om ...
Lees Meer...
Numeri Verduidelik
Numeri sluit die temas af wat in Genesis ingelei is en in Eksodus en Levitikus voltrek is. Die boek begin by die Berg Sinai waar d ...
Lees Meer...
Mag Ons Die Masjiene Afsit
Onlangs is daar wyd in die media oor die afsit van oudpresident Nelson Mandela se lewensondersteunende masjiene gegis, en gevra wi ...
Lees Meer...
Die Vyfde Gebod
Die eerste vier gebooie handel oor ons verpligtinge teenoor God, terwyl die laaste ses te make het met ons verpligtinge teenoor me ...
Lees Meer...
Die Kerk in Aksie
Vir langer as ʼn jaar al woed daar ʼn bloedige burgeroorlog in Sirië. In ʼn onderhoud met Geopende Deure het past ...
Lees Meer...
Die Pad Na Herstel
Oral waar ʼn mens vandag kyk, lyk dit of helde voor druk en versoeking swig. Van Tiger Woods tot Lance Armstrong en Oscar Pist ...
Lees Meer...
Sending En Tegnologie
Deur die eeue heen het God volgens sy volmaakte tydsberekening Sy verlossingsplan vir die mensdom ontvou. Van die Romeinse paaie ...
Lees Meer...
Raad Vir Die Huwelik
Toe Paulus gesê het: "Mans julle moet julle vroue liefhê," het hy vir die huwelike van destyds, maar ook vir ...
Lees Meer...
Getuienis van dr. Elreza Mulder
Toe twee arms haar van agter vasgryp en ʼn rewolwer in haar gesig gedruk word, het Elreza haar mond kurkdroog geskrik. Sy ge ...
Lees Meer...
EVANGELISASIE IN SY NAAM
"Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat d ...
Lees Meer...

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication