Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
JUIG! November 2014

JUIG! November 2014
Soos gewoonlik is JUIG! vol inhoudryke artikels net vir jou. In die November-uitgawe wat 13 Oktober op die rakke beskikbaar sal wees, is daar ʼn insiggewende artikel oor die brein en denke. In ‘Die wetenskap van denke’ lig bekende neurowetenskaplike, dr. Caroline Leaf, jou in hoe gedagtes jou brein en liggaam ten goede of ten kwade beïnvloed. Peter Hammond bied ʼn insiggewende artikel oor die geskiedenis van Islamitiese kalifate en in die artikels oor die Oekraïne en Nigerië word jy op hoogte gehou van wat die situasie vir Christene in hierdie twee lande is. Gretha Wiid gee op kenmerkende wyse, praktiese raad en advies om grense in jou huwelik op te stel sodat verhoudinge met die skoonfamilie gesond en manipulasievry kan wees. Daar is ook nuttige riglyne vir diegene wat wil weet hoe om Bybelstudie te hou. Stephan Joubert praat oor Christenskap, besittings en maatstawwe waaraan geestelike sukses nie gemeet moet word nie. Ons vier Tygerberg 104FM se mondigwording saam met hulle en kyk terug oor 21 jaar van diens en seën. Verlustig jou ook in Ilse Kleyn se geïnspireerde kuns en lees hoe sy ná 16 jaar uit die polisiediens bedank het om haar Godgegewe droom te verwesenlik.

 -   Die Dinge Wat Kinders Kwytraak
-    Die Louwarm Christen
-    Wat Is ʼn Kalifaat?
-    Nigerië: Vroue In Die Vervolgde Kerk   ̶  Geopende Deure
-    Die Oekraïne: Oorlog, Woede En Pyn  ̶  FEBA
-    Dieremishandeling En Korrupsie In Dierebeskerming
-    Nuwe Skoene: Stephan Joubert
-    Die Bybel In ʼn Neutedop: Job
-    Die Here Se Volhardende Liefde
-    Die Wetenskap Van Denke
-    Sakelui Vir Christus: Dirkie Van Der Spuy
-    Kuns Met ʼn Geestelik Diepte
-    Hoe Om Die Bybel Te Bestudeer
-    Jou Huwelik En Die Skoonfamilie: Gretha Wiid
-    ʼn Kussing Vir ʼn Knie
-    Goedheid En Guns   ̶  Agter My Swirlkous
-    Cornelius Swart  ̶  Wenner Van Silwerkroon-toekenning
-    Negester Onrusrivier
-    Jannie De Beer  ̶  Vergifnis En Versoening: Myan Subrayan
-    Ken Jy My Seun: Angus Buchan
-    Tygerberg 104FM  ̶  21 Jaar Van ‘Ons Storie, Sy Glorie’
-    Op Die Man Af  ̶  ʼn Droom Van 13 Jaar Lank Is Verwesenlik


Artikels in Ons Tydskrif

Ilse Kleyn: Kuns met n Geestelike Diepte
Ilse Kleyn se kuns het 'n sterk profetiese inslag; met baie van die onderwerpe deur die Heilige Gees geinspireer en 'n duidelik Ch ...
Lees Meer...
Wat is n kalifaat?
Boko Haram het die noordoostelike deel van Nigerië as ʼn Islamitiese kalifaat verklaar. ISIS het ʼn kalifaat in Noord ...
Lees Meer...
Jou Huwelik En Die Skoonfamilie
Sou dit nie wonderlik wees as alle skoonma's en hul skoondogters ʼn verhouding soos Naomi en Rut gehad het nie? Helaas, die du ...
Lees Meer...
Die Louwarm Christen
Niemand dink hy is ʼn louwarm Christen nie. Die kerk in Laodisea het ook nie gedink dat hulle louwarm was nie! Lees wat van di ...
Lees Meer...
Herprogrammeer Jou Brein
Wat ons dink, het fisiek sowel as emosioneel, ʼn uitwerking op ons. Sewe en tagtig persent siektes wat ons vandag teister, is ...
Lees Meer...
In His Name
"Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat H ...
Lees Meer...

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication