Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
JUIG! Mei 2016

JUIG! Mei 2016

Vir diegene wat vuisvoos voel ná al die geweld op kampusse, die teleurstellende politieke verwikkelinge in die land, en ʼn onsekere ekonomiese klimaat in die land bied ons artikels met insiggewende Bybelse perspektief wat jou sal bemoedig en met hoop sal vul. Lees gerus Corné Krige se eerste bydrae tot JUIG!; Arno Van Niekerk se artikel oor ons verantwoordelikheid om Suid-Afrika ʼn ommekeer te laat maak, Dawie Spies se artikel oor negatiewe gedagtes en sy hoop vir ons land, en Stephan Joubert wat ons aanmoedig om die pad oor te steek en want ons het nie luukse om alles meer vanuit ’n “veilige afstand” te beskou nie. Ons is geroep om padoorstekers en verskilmakers te wees!

Lees ook gerus ons voorbladartikel wat ʼn onderhoud met die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel. Ek nooi jou uit om saam met ons ondersoek in te stel en te kyk of aansprake wat oor hulle gemaak word, geregverdig is. Dalk kom jy ook tot die gevolgtrekking dat Kallie ʼn man vir die oomblik is – vol hoop en een wat God eerbiedig.

Laat die positiewe en bemoedigende artikels in hierdie uitgawe jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

-    Suid-Afrika Wat Sal Dit Verg Om Weer Op Te Staan: Arno Van Niekerk

-    Dekriminalisering Van Sekswerk Lei Tot Misbruik Van Vroue: Errol Naidoo

-    Wêreldwaarnemingslys 2016  ̶  Geopende Deure

-    TWR Nuus  ̶  Knielend En Gebroke Voor Die Here

-    Rêrig?!! Intellektueles ‘herbedink’ Die Afrikaner-identiteit

-    Kallie Kriel

-    Hou Ons Meisies In Die Skool

-    Die Afrikaner Se Godsdienstige Ervaring

-    Laat Jy Toe Dat Vrees Nesmaak: Dawie Spies

-    Die Bybel In ʼn Neutedop


Artikels in Ons Tydskrif

Padoorstekers en verskilmakers
Terwyl ek op televisie gesien het hoe twee kampusse, waar ek klasgee aan flarde geruk word, het ek opnuut gewonder wat staan n gel ...
Lees Meer...
Christenskap in die werksplek
Ons lei dikwels oorvol lewens. Wanneer ons jonk is en ons loopbaankeuse uitoefen, is geld dikwels die vernaamste oorweging. In die ...
Lees Meer...
Laat jy toe dat vrees nesmaak
In hierdie onseker tye is ons meer as ooit bewus van die daaglikse bombardering met negatiewe media-inligting, wat stadig maar sek ...
Lees Meer...

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication