Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


15 May 2017  

Magda Pepler van Worcester

It’s Time. Duisende woorde in die Afrikaanse woordeboek, en niks wat werklik die omvang van die dag kan beskryf nie. Hoe verduidelik ek hoe dit my aangeraak het? Die pak en ry. Dan die afwagting. Die aankoms, die stap en sitplek soek. Toe sing ons die Volkslied. My hart raak week. Die woorde so vasgevang in daardie oomblik – Ons vir jou Suid Afrika.

Dit herinner my aan die deursetting wat die Voortrekkers getoon het en hoe dit vandag weer so is dat die Afrikaner-nasie, alle rasse, saamkom om vir ons land te veg. Nie baklei soos in wapens oprig nie, maar deur gebed en met die Swaard wat die Woord van God is.

Geen ophef nie. Geen drama nie. Net ʼn volk wat bymekaar kom om God aan te roep. Soos Angus vra – “Can a nation be born in a day?” en die luide antwoord is JA!. Ons is ʼn nasie voor ons Vader in die Hemel. ʼn Nasie wat huis toe gaan om te vertel hoe ons harte op die dag, op ʼn plaas buite Bloemfontein, aangeraak is.

Boere getuig hoe hulle deur die Gees gelei is om lande skoon te maak; om trekkers te verskaf; diesel wat in oorvloed oorbly, selfs nadat al die lande reeds skoongemaak is. Daar is mense wat help om kruise op te rig en om te boor vir water. Dit alles binne ʼn rekordtyd van ses weke. Hoe kan ons dan nog twyfel dat God se hand in hierdie dag was? Dat Hy alles so bewerk het deur meer as ʼn miljoen mense te roep om op een dag in eendrag sy Naam uit te roep oor ons land.

My eie werklikheid het verander. Op 15 April met my dogter se troue gee iemand vir my ʼn koringaar. Die woorde hoop en belofte van God kom by my op. Min sou ek weet hoe dit my binne ʼn paar dae gaan raak. Ek glo, al lankal, maar soos baie het ek koel geraak oor wat Sy doel met my lewe is. Oom Angus sê, vat hande en bid vir jou mense; vir jouself en jou gesin. Ook vra hy ons om te kniel voor God en om weer die geloofsbelydenis te doen. En hier breek my hart soos ʼn ryp granaat oop. Ek ontvang uit Sy hand die rykdom wat in Sy vergifnis is. Ek ontvang Sy genade vir my en myne. Ek roep Hom aan soos die eerste keer en weet niks sal ooit weer dieselfde kan wees na daardie dag in die koringland nie.

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication