As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


15 May 2017  

Surina Schoeman van Hartbeespoort NW

AMEN!! Skree ʼn skare van byna 1, 7 miljoen saam in een massa koor en dit weerklink oor die Wilde Als-plaasvlaktes. Die mooiste geluid wat ek nog in ʼn lang tyd gehoor het. ʼn Magdom mense kniel saam in gebed en bely hulle sondes voor God.

Oom Angus bid vir ons land en ʼn see van mense skree “AMEN!” na elke onderwerp waaroor hy bid. Dit was die mooiste dag wat ek in ʼn lang tyd gesien het, daar was nie ʼn wolkie in sig nie en die hemelruim was die skoonste blou kleur.

Ek het besef hoe seer ons volk het; oom Angus vra mense moet opstaan op wie die volgende van toepassing is: werkloosheid, kanker, depressie, ens. Ek is stomgeslaan deur die skare wat telkens opstaan. Iets wat ek nie sal vergeet nie, is toe daar vir werkloosheid gebid word hoeveel mans en ooms opgestaan het. Links voor van my ʼn omie wat nie sy trane kon keer nie en my hart was saam met hom seer, maar tog trots, want sien die oom het nie eens ʼn inkomste nie en tog was hy gehoorsaam aan God se opdrag. One nation one location. So baie ander mense het partytjie gehou en kuier gekies bo die biddag. Dit maak my hartseer, want besef jy nie die erns van ons land se gebrokenheid nie.

Ek bid Gods seën oor die omie en ek weet die Vader het iets groots vir hom. En toe gebeur dit... die teken...’n wind wat opsteek en ek weet die Heilige Gees waai nou oor die skare mense, en ek kry sommer weer hoendervleis. Diegene wat die video’s gesien het, sal weet. Vir ʼn minuut of twee voel ek niks, geen wind nie, maar drie sambrele vlieg hoog in die lug op, ek kan nie help om te glimlag nie en dink dit simboliseer die Drie-enige God wat oor Sy mense waai. En my hart word rustig en stil...

Ek sukkel om die regte woorde te vind, dit was die grootste dag wat ek nog beleef het en ek kan net afsluit met twee woorde wat van gister af baie beteken - BUT GOD!!!

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication