Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 Jun 2017  

Blykbaar is daar in Weskoppies in Pretoria 'n eenheid waar jong kinders behandel word vir skisofrenie. Hierdie kinders het slegs een keer met dagga geëksperimenteer en is daarna totaal geestelik versteurd. Diegene wat dit oorweeg om hierdie pad te stap, moet dit maar self ondersoek. 


Indien 'n mens sterwend is en dit kan jou pyn verlig, is dit seker in orde om dagga te gebruik. Dit moet nog net bewys word dat dit wel werk, soos morfien wat toegedien word aan pasiënte wat terminaal is. Indien iemand nog 'n gewone lewe wil lei, is dit nie aan te beveel nie – gesonde verstand...

Ek dink baie mense beskou dit as 'n geleentheid om 'n florerende besigheid op die been te bring. As enigiets jou gesonde verstand ondermyn (Fil 1:9-10) is dit totale dwaasheid om dit te gebruik...tensy jy so siek is dat jy basies net asemhaal. 

Mense moet ook besin oor die uitwerking daarvan op jou bestuursvermoë, want die middel het ʼn baie sterk uitwerking en bly lank in jou liggaam. As ons dit goedkeur, kan ons dronkbestuur ook maar goedkeur en die gevolge daarvan dra.

Francoinette van zyl 

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication