Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 Jun 2017  

Ek wil u bedank vir die artikel oor die uitwerking van okkultisme op ons gesondheid. Ek stem eenhonderd persent saam met wat in die artikel bespreek word. Ek het 50 jaar gelede ook joga vir ontspanning gedoen.  Ek wens niemand die ellende en pyn toe waardeur ek gegaan het nie. Geen mediese dokter kon my help nie. Deur die genade van die Here het ek 'n telefoonnommer gekry van iemand wat vir mense bid vir genesing.  Toe ek by die dokter se spreekkamer instap, sê sy die Heilige Gees wys haar ek was met die okkulte deurmekaar.  Ek het glad nie verstaan waarvan sy praat nie. Nadat sy vir my verduidelik het wat die woord beteken, het ek my betrokkenheid by joga bely.  Ek kan aan geen mens beskryf wat toe gebeur het nie; ek is onmiddellik van die kettings bevry waarmee ek gebind is en het geen pyn meer gehad nie. Ek gee al die eer aan Jesus, want Sy Bloed het my vrygemaak. Ongelukkig glo mense jou nie vandag wanneer jy vir hulle vertel wat joga behels nie. Dankie dr. Michelle vir u artikels. Ek vind dit baie goed en leersaam.

M Coetzee

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication