Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 Jun 2017  

Daar word nie oor hierdie onderwerp in ons kerke gepreek nie; dit word nie bespreek nie en dit is 'n verontagsaming van God se opdrag. Predikante, pastore en ander kerkleiers is bang hulle verloor lidmate, daarom praat hulle nie oor die probleem van die preekstoel af nie; of word dit nie in tydskrifte aangeroer nie.

Ouers gaan nie meer kerk toe nie, want hulle staan Sondae langs die sportveld saam met hulle kinders. Hulle dink dit is reg om die een dag wat 'n gesin saam kan rus en bid, te bestee aan kompetisies en rondry. Waar is God daarin, want daar word baklei en gespog.

Op die Goeie Vrydag van Paasnaweek is daar in Bloemfontein tenniskampioenskappe vir laerskool- en hoërskoolkinders gespeel. Die sportbyeenkomste, sportagente en ander organiseerders ontneem kinders gereeld hulle reg om te rus, want die ouers sien dit as 'n geleentheid om te spog met hulle kinders en wat hulle vir hulle kinders doen.

Skolesport moet gedurende die week of op Saterdae beoefen word; ek glo baie sielkundiges sal ook geleerde antwoorde ten gunste daarvan kan gee.

Tjaart

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication