Die tydskrifte JOY!/JUIG! het my al kere sonder tal op die regte pad gehelp as ek voel ek kan nie meer nie! Dankie vir al die inspirerende, innoverende en insiggewende artikels. Vandat ek op hierdie tydskrifte ingeteken het, sien ek weer kans vir die lewe, al word ek met suurlemoene gegooi! Ek het geleer om elke dag in die oomblik te lewe en elke geleentheid wat na my kant toe kom aan te gryp! Dit is wonderlike tydskrifte met baie potensiaal.