Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 Jun 2017  

Oom Angus Buchan, die nederige prediker, wat absoluut volgens die Heer se leiding, en ondanks baie kritiek, die Here se kinders in groot getalle byeengekry het. Die herlewing het reeds vroeg in 2000 begin plaasvind; met ‘aartappelgeloof’ het ons Jesus se wonders begin belewe. Sedert die eerste MMC's honger al hoe meer gelowiges na meer, van honderde manne na duisende. Oom Angus het dieselfde gebly, steeds in sy nederige plaashuisie en sy forse manier om siele van Jesus te vertel. Hy het ook nie geskroom om die waarheid te praat oor sonde nie.

Soos God destyds vir Gideon gesê het: “Die manne by jou is te veel,” het God dalk ook nou vir Suid-Afrika op 'n manier gesê: “Al was daar nou nie so baie mense soos gehoop is nie, vertrou op My...”

Here dit gaan nie goed met ons land nie, wil U nie asseblief agslaan op die gebede van U kinders nie. Die klomp in Bloemfontein was tog die verteenwoordigers van al U kinders wat nie die knie voor Baäl nie, maar voor U gebuig het. Ons het die land se sondes bely, Heer, en versoening afgebid. En Here, daar was baie wat hulle hart voor U reggemaak het. Dink tog daaraan in U barmhartigheid en hou tog U hand oor ons reënboogland. Al lyk dit of dit al hoe donkerder word Heer, op U tyd, laat U wil geskied.

Seëngroete vir Hettie Britz vir haar pragtige samevatting oor ons ou volkie in die Mei-uitgawe. Prys die Here vir JUIG! Tydskrif, seën ook vir hulle Heer!

 L. Thyssen

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication