Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 Jun 2017  

Ek verwys na twee lesers wat nie saamgestem het met die verklaring en uiteensetting oor redding in die Maart-uitgawe nie. Die punt is:

1. Vandag word redding goedkoop gemaak. Die vraag word gevra wie sy hart vir Jesus wil gee en daar word gesê: “Bid hierdie gebed agter my aan..." Dan word verklaar: “Jy is nou gered,” maar daar het nie daadwerklik iets in daardie persoon se lewe gebeur nie en dan ‘sak’ die individu terug.

2. Daar is té veel tipes bekerings nl. ‘kopbekering’, ‘emosionele bekering’, ‘wortelbekering’, ens. en dít het ek in die katkisasieklas geleer. Dit is vandag te maklik om Jesus aan te neem sonder om die gevolge daarvan in ag te neem!

3. Die Heilige Gees oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en as jy nie onder hierdie oortuigings gekom het toe jy Jesus aangeneem het nie, was dit nie 'n daadwerklike bekering nie.

4.'n Bekeerde persoon se lewe dra vrug en as jy geen vrug by die ‘bekeerde’ kan opmerk nie, dan wonder ek?

5. Ons kan nog steeds sondig en terugval en iets doen wat Jesus se hart seermaak, maar 'n geredde sal nie soos 'n vark in die modder bly rondrol en daar bly nie! Jy staan op en bely en vat Jesus se hand opnuut en stap saam met Hom.

6. Ek ken mense wie se familielede sê hy/sy het tot bekering gekom, maar ek sien nie dat sy/haar lewe vrug dra nie. Hulle ís en lewe soos ongereddes!

7. 'n Ware gelowige kan nie uit die Jesus se hand geruk word nie. Jy sal jou loon dalk verloor – nie jou saligheid nie. Jesus sê self: "Ek gee julle die ewige lewe en niemand sal jou uit My hand ruk nie."

Retha Nothnagel

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication