Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 Jun 2017  

Ons sing nou: ”Prys die Heer met blye galme”
kondig die oudste leraar aan.
En daar dit ʼn uitbundige psalm is
sing ons uit volle bors saam.
Sterk akkoorde roep die gemeente op
dit smaak of ons aan die hemelpoorte klop.

Dit is net die oudste wat wegsweef in die vervliet
die woorde op sy lippe vorm ʼn ander lied…
“Ure, dae, maande, jare, vlieg soos skadudrome heen,
en die wentelende jare gaar verganklikheid alleen.

Stof deur eeue heen vergader...
Is dit regtig so, mymer hy, is dit werklik waar
dat ek my hele lewe lank net stof opgaar?
Dan wil ek nou wanhopig bid
dat U wat lewe in die stof kan sit
uit klei vir Adam vorm tot U lof
dat U ook lewe wek uit hierdie stof…

Dominee! Dominee! Ons het klaar gesing
sê die laaste getroue ouderling
die mense het reeds die kerk verlaat.
Maar dominee kan gerus jou praatjie praat.
Verward kom die oudste terug uit sy droom
en asof niks gebeur sing hy ewe vroom:
“en Hom wat sy guns my bied
Altyd grootmaak in my lied.”

Geskryf deur ds. Dopper Erasmus

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication