Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


12 Sep 2017  

My linkerbeen is geamputeer as gevolg van gangreen. Ná die operasie was ek baie negatief. Ek wou nie meer lewe nie! ’n Vriend bring toe ’n boek, Seisoene, Storms en Woestyne, deur dr. Isak Burger, vir my. Nadat ek die boek gelees het, het ek besef die lewe is die moeite werd. Daar is nog my twee dogters en my drie kleinkinders vir wie ek baie lief is. My vriend het ook vir my gesê voordat hy loop, ek moet asseblief Psalm 23 lees, veral vers vier. “Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my.” God lei my na goeie weivelde waar daar lewe, water en rus is. Moenie moed verloor nie, die Here sê: “ Ek, jou God, sal jou behoed en bewaar tot in lengte van dae.” Al wat ek vra, is God se genade en Jesus se liefde vir my, ten spyte van al my sondes.

C. Coetzer

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication