U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


12 Sep 2017  

Die sieninge in die brief, ‘Christene en voedsel’, deur Anda le Roux noop my om te skryf. Dit is nie korrek dat alle kos vir God aanvaarbaar is behalwe as dit aan afgode geoffer is nie. Eksodus 11 vermaan oor rein en onreine diere, en sê die eet van onrein vleis is ’n gruwel. Baie van hierdie diere is aasvreters wat God geskape het om al die afval te vreet. Ons is nie as aasvreters ontwerp nie en as ons die vleis van aasvreters eet, word hierdie siektes aan ons oorgedra. Byvoorbeeld, as ʼn mens ‘Pork diseases’ google, tref jy 51 miljoen verwysings aan. Dit lys al die siektes wat mense wat varkvleis eet, kan opdoen – triginose is die algemeenste siekte.

Eksodus 15:26 sê as ons al God se gebooie onderhou, ons die siektes wat Egipte getref het, sal vryspring. Anda le Roux fouteer wanneer sy skryf: “Ons kan enigiets eet, solank ons God deur Jesus daarvoor dank”. Ons moet selfs wegbly van sommige van die rein kosse wat in die Bybel goedgekeur word. Deesdae word beeste by vetvoerkrale vol hormone gepomp en ons kry dit dan in as ons hierdie vleis eet. Dit kan uiters nadelige gevolge hê, veral vir verwagtende moeders en die fetus. Hoenders word antibiotika gevoer wat dan deur die mens ingeneem word. Dit lei daartoe dat die mens nie meer weerstand teen die nuwe ‘supervirusse’ kan bied nie, want die antibiotika is nie meer effektief nie. Deur Jesus te dank gaan ons nie die nadelige gevolge van verkeerde en ongesonde eetgewoontes uitwis nie. Die menslike liggaam wat deur God geskape is, is nie geskik om enigiets skadelik in te neem sonder daadwerklike negatiewe gevolge nie. Baie mense begin vir die eerste keer gesonde en korrekte eetgewoontes en Bybelse riglyne hieroor volg wanneer hulle siek word. Is dit nie beter om eerder siektes te voorkom deur korrek volgens Bybelse riglyne en beginsels te eet nie? Anda skryf verder ons hoef ons nie as gelowiges te laat bind deur moets en moenies oor voedsel nie. Ek is so bly oor al die moenies in die Bybel, deur daarby te hou, is ek al van vele siektes gevrywaar. Die ‘moenies’ in die Bybel beskerm ons. Dankie vir ’n God wat vir Sy skepsels so ’n goeie instruksieboek gee met moets en moenies wat slegs tot ons heil strek.

Dr. Bernhard Ficker

Brief verkort  –Red

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication