Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Oct 2017  

Die redaktrise van JUIG! Tydskrif pleit so mooi om die Christelike wêreldbeskouing te bevorder; ons kan nie die pleidooi ignoreer nie.  Ons moet die hand dadelik aan die ploeg slaan, want dit is dringend noodsaaklik dat ons almal saam spoedig kan uitroep: “Hosanna vir die Seun van Dawid!” 

Om Christene wat teruggeval het weer op die spoor te bring, is daar baie geestelike arbeid nodig en dié tydskrif het net die materiaal om dit mee te doen.  Dit speel ’n belangrike rol in die gemeenskap.

’n Minimale belegging van R250 vir tien tydskrifte per maand kan die dinamiese JUIG!  Tydskrif ’n groot hupstoot gee sodat dit ons jeug, hul ouers en grootouers se denke kan verander.  Die leesstof wat JUIG!  Tydskrif bied, is van onskatbare waarde omdat dit so inspirerend is.  Petrus, ons waardige ou tuinprofessor die afgelope 18 jaar, het eendag vir my gesê: “Lanie, die praat is die afdraand, en die doen is die opdraand.”  Ons is nou aan die voet van die opdraand en op die vlerke van gebed kan ons hoog soos ’n arend oor aardse probleme uitsweef en seëvierend die redaktrise help om haar doelwit te bereik.

Pieter Pelser

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication