Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Oct 2017  

Ek dink elke Christen in Suid-Afrika sal 22 April hier in Bloemfontein onthou, daardie wonderlike dag toe Angus Buchan ons geroep het om vir ons land te bid.  In my gees het ek geweet sy oproep is ’n mandaat van God, dat Sy kinders so by ’n groot saamtrek byeen moet kom. Prys die Here vir elkeen wat hierdie onvergeetlike dag bygewoon het! 

Ek glo werklik dat die hand van God sedert 22 April begin beweeg het. Die Gees het Psalm 68:2 op my hart gelê: “God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!”  Daar is ’n bevestiging in my gees dat daardie tyd inderdaad aangebreek het.  Ek is seker baie van my broers en susters kan met my identifiseer dat Psalm 13:1-3 die pleidooi van elke hart in hierdie land is.  Hoe lank gaan U nog bly vergeet, Here?  Vir altyd? 

Ek het God gevra, waarom wag ons so lank?  Ons land word verwoes, die goddelose gaan in hoogmoed en verwaandheid voort om hierdie pragtige land van sy hulpbronne te stroop.  Ons ekonomie word vernietig, alles wat ons voorheen trots gemaak het op ons land. Terwyl ek op die Here wag, het Hy my gewys dat die beker van toorn nou oorloop en dat Sy oordeel oor die boosheid in die land sal volg.  God gryp in wanneer die goddeloosheid tot volheid gekom het.  Die tyd het aangebreek!  Kom ons gaan voort om op Hom te wag.  Laat ons nie moeg word in ons gebede en smekinge nie.  Hy is inderdaad ’n God wie se arm nie te kort is om te help nie.  Die Almagtige op die troon sal opstaan, en wanneer God verskyn, spat Sy vyande uitmekaar, en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.

Lyn Malherbe

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication