Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Oct 2017  

Ek het onlangs die artikel oor die Bethel-kerk in Kalifornië (JUIG!  September 2016) gelees.  Dit het my met soveel vreugde vervul.  Ek glo met my hele hart in die bonatuurlike gawes wat steeds in die Kerk werk.  Ek is 77 en God is steeds wonderwerkend deel van my lewe.  Die eerste maal toe die Heilige Gees my aangeraak het, was ek jonk en ’n nuwe lidmaat van ’n Pinksterkerk.  Ek het so ’n diep honger in my gehad en het alleen agter in die kerk gaan sit nadat almal weg is ná die biduur.  ’n Kragtige emosie het oor my gekom en ek het gebewe.  Ek kon myself nie stilhou nie, ek het Jesus se Naam aanhoudend gefluister.

Ek het sedertdien sigbare genesings, profesieë, uitleg van tale en ander kragtige werkings van die Heilige Gees beleef.  Soms was daar net ’n voelbare atmosfeer van heiligheid, ’n stilte. 

Met die “Toronto Blessing” wat in 1995 na Suid-Afrika oorgewaai het, was ek in my middeljare en het saam met talle ander vir jare daarna kragtige seëninge, aanrakings en manifestasies van die Gees beleef.  Dit is so ’n ontsagwekkende ondervinding en jy weet dit is die Almagtige se aanraking.  Jy voel so vreeslik klein, dankbaar, verwonderd en ja, spesiaal.

As slegs ’n korreltjie van die krag van ons Here, wat die heelal met ’n enkele woord geskape het, ’n nietige mens aanraak, is dit geen wonder dat jy ruk en bewe, huil en lag nie.  Hoe kan vlees daardie heerlikheid verduur?  Die gelag is ’n oorloop van vreugde, en die huil is nie hartseer nie, maar ’n emosie van ontsagwekkende, onbegryplike verwondering.  Dít is wanneer genesings en herstel van liggaam, siel en gees plaasvind.  Dit is wanneer herlewing begin. 

Natuurlik is satan ’n na-aper en bedrieër, maar ons ken mos sy werke en moenie toelaat dat ons die onvergeeflike sonde pleeg om die Heilige Gees se werking aan toordery, satanisme of histerie toe te skryf nie.  Daarvoor het ons onderskeiding en Woordkennis nodig. 

Hierdie is my eerlike verslag van my ondervindings van die aanraking van God se krag deur die Heilige Gees; ek skaam my nie vir die waarheid van die Evangelie nie.  God is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde.  Amen.

Tannie Ansie

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication