Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


8 Nov 2017  

“As My volk” – met ander woorde, ons wat onsself Christene noem en nie noodwendig die regering, ’n politieke party of stadsraad nie – “oor wie My Naam uitgeroep is ...”

Ons haal graag dié teks aan, maar lees nie die belangrikste deel nie. Ja, ons bid en verootmoedig ons daar by It’s Time in Bloemfontein en soms soek ons ook regtig Sy aangesig, maar wanneer dit egter kom by “... en hulle bekeer van hul verkeerde weë ...” dan kom die verskonings en regverdigings. Ons probeer belasting ontduik net waar ons kan, want die regering doen dit of dat ... Pornografie word nou vryheid van uitdrukking genoem, aborsie is ’n vrye keuse, perversie ’n alternatiewe lewenstyl, armes word uitgebuit en ons noem dit die “Lotto”. Luiheid word beloon met ’n welsynstoelae. Wanneer ek my naaste se goed begeer, word dit beskou as ambisie. Waardes van weleer word opsygeskuif omdat ons nou sogenaamd “verlig” is. Vir God die Vader is hierdie veranderde waardes valse mate en gewigte.

Wat is die oplossing vir Suid-Afrika? 2 Kronieke 7:14: Ons moet ons bekeer van ons verkeerde weë, dan sal God ons hoor en ons land genees.                                       

Henk Timmerman

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication