Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


14 Mar 2018  

Ek geniet julle tydskrif, dit is ter sake en op die man af. ’n Groep van ons wat in 1965 ons verpleegkundegraad voltooi het, het onlangs ’n WhatsApp-groep met ons studentemaats begin. So met die geselsery kom ’n mens agter op elkeen se lewensreis was daar bulte en soms steil berge en diep valleie. My gedagtes dwaal vanoggend na ons reise (ek noem ons reiservarings ons “boot camp”) en ek wonder wat elkeen van ons geleer het. Wat het ék geleer? Vir seker is die belangrikste les dat ek ’n Vader het! Ek het geleer ek is nie ’n weeskind nie. Ek is nie ’n straatkind wat bakhand staan om liefde en goedkeuring by ander mense te bedel nie. Ek is nie ’n slaaf nie. Ek is Sy dogter in wie Hy ’n welbehae het. Hy is altyd by my. Hy laat my nooit in die steek nie. Hy beskut my. Dit is die hoeksteen van al die ander lewenslesse wat ek in my “boot camp” geleer het – Hy is my Pappa, en Sy dogter het uiteindelik huis toe gekom, nes die oudste seun – die een wat regtig verlore was.
Cornelia

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication