Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


14 Mar 2018  

Hy het ’n skroeiende son, ondraaglike lyding, my pyn en my skaamte verduur en gesê: “Ek is dors.” Ons bid om reën, maar miskien moet ons neerbuig en na Hóm uitroep: “Ek is dors.” Hy sal getrou wees en ons ’n fontein van Lewe gee. Hy het gesê: “Ek is dors,” maar niemand het Hom water gegee nie. Gee ons water aan dié wat dors is? Is ons dors vir Hom? Regtig dors?

Ons bid om herlewing – met uiteenlopende agendas. Groter kerke, meer mense wat op en af spring, meer tiendes wat gegee word, groter geboue, groter getalle om oor te spog. Miskien moet ons kniel en om geregtigheid vra. “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid” (Matteus 6:33) en “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8). Ons weet dit. As ons in ons gebede uitroep dat ons dors na die Lam wat vir ons
geslag is, wie weet wat dan sal kan gebeur?

 Ons bid om herlewing. Ons bestudeer herlewing. Verlang ons werklik na ware herlewing? Dalk iets soos in Handelinge? “En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad. En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal. Want niemand onder hulle was behoeftig nie … En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.”

“Beroemde” predikers wys dikwels ’n beskuldigende vinger na ander denominasies – prediking wat nie van die Here af is nie. Dikwels is Baptiste en Presbiteriane in die spervuur.
Jesus het in teenstelling hiermee gebid dat “almal een mag wees”. Ons moenie ons ore uitleen aan sulke preke nie. Aan die ander kant het ons die “vredemakers”, dié na wie ons moet luister. Waar is geregtigheid vir die armes, die ontworteldes, die vermoordes, die geestelik benadeeldes, die bejaardes, die mishandeldes, die weduwees, die wese en dié wat vergete is? In Suid-Afrika – die Khoi?

“Na alle kante toe was daar vrede … die Judeërs en die Israeliete van Dan af tot by Berseba [het] veilig gewoon, elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit …” – 1 Konings 4:24-25. Dít is geregtigheid. Elkeen het ’n huis en ’n tuin gehad. Dink dikwels hieroor na. Die bou van ’n kerk moet nooit voorrang geniet bo die roeping om die Kerk te wéés nie. “Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak.” God het jou lief.                                                

Rita Edkins

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication