Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


14 Mar 2018  

Wêreldwyd word op skole en opvoedkundige inrigtings geleer dat lewe deur evolusie ontwikkel het en die meeste mense glo dit. Christene lees nie veel daaroor nie en kan dus nie hul kinders reghelp nie. Paleontoloë soek na die vermiste skakel tussen Homo naledi en die moderne Homo sapiens, maar gaan dit nooit vind nie, bloot omdat dit nie bestaan nie. Ek glo satan juig oor wat wetenskaplikes oor evolusie sê. Genesis en Openbaring is die twee boeke wat ons leer waar die duiwel vandaan kom en hoe hy eendag aan sy einde gaan kom. Ons skole het die twee Bybelboeke deur die jare afgekraak as onderskeidelik onsin en bloot te moeilik om te verstaan. Maar as ons die inhoud van die Bybel net gedeeltelik glo, moet ons ons Bybels weggooi en onsself nie langer Christene noem nie.

Die wêreld van vandag stuur op ’n reuse-ramp af en ons bly glo aan evolusie. Paleontoloë het ná die ontdekking van Georgië se Homo erectus hul storie aangepas. Die Bybel is egter al duisende jare in gebruik en steeds onveranderd. As ons wil weet waarheen satan ons lei en hoe hy hierdie aarde tans vernietig, moet ons dit nie by fossiele en evolusie gaan soek nie, maar net die stof van ons Bybels afvee en na die Woord van God terugkeer. Vir ons wat ernstig is, is die Bybel geskryf vir alle tye. Lees ook Hosea 4:6; Efesiërs 6:12; Jesaja 14:6-20; Jeremia 4:23-27;
Esegiël 28:12-19. Die vier profete praat van satan voor die huidige wêreld hom geken het.

Dit is vreemd dat evolusie ons nie makliker by temperatuurskommelings laat aanpas het nie. By 18 grade C kry ons nog steeds koud en by 20 grade raak dit al leefbaar. Indien water nie in drie vorms bestaan het nie, sou lewe nie moontlik gewees het op aarde nie. Kom ons kom tot die besef dat die eindtyd, soos voorspel in die Bybel, op hande is en dat alles om ons gebeur omdat die samelewing nie meer gelowig is nie. Ons moet terugkeer na God en Jesus se Bloedoffer vir ons sondes aan die Kruis en ons moet die Heilige Gees toelaat om ons te lei en te leer aangaande die toekomstige dinge. Hoe lank gaan ons ons skole toelaat om ons kinders te leer wat satan hulle wil laat glo? Dit is nooit te laat vir ons nie. ’n Skurk het aan die kruis langs Jesus gesterf met die versekering dat hy die aand saam met Jesus in die Paradys sou wees.

Attie Pelzer

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication