Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!
Baie dankie vir julle wonderlike publikasie! Ek het onlangs ’n ou uitgawe van JUIG! in die hande gekry (Julie 2017). Ek het gevoel dat ek kommentaar moet lewer op die vraag en antwoord of Christene mag rook wat in die “Vra jou Vrae”-afdeling verskyn het. Ek het ses jaar gelede opgehou rook (ek drink ook nie alkohol nie), en ek stem heeltemal saam met julle kommentaar. Ek sal graag ook julle mening wil hoor oor die talle klinies vetsugtige mense wat ons oral in ons kerke in Suid-Afrika aantref. Ek glo dat dieselfde kommentaar ook op hulle van toepassing is. Beste wense. Brian