Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


14 Mar 2018  

1 Tessalonisense 4:13-17: “Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”

Johannes 11:11-14 sê: “Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek. En toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.” Lees ook Prediker 9:5-6, Psalm 30:10, 1 Korintiërs 15:22-23.

Jou siel bestaan uit jou liggaam en die Here se asem (of Sy Gees) – die twee saam, nie afsonderlik van mekaar nie. Genesis 2:7: “En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe ge-
blaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword.” 
Wanneer jy sterf, is die proses omgekeerd. Psalm 104:29: “U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.” Ook Prediker 12:7: . . . en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het”. Die Bybel moet homself verklaar. 2 Petrus 1:19-21 sê: “. . . terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie”. Toe die Woord geskryf is, was daar geen leestekens nie. Ongelukkig kan dit gebeur dat ’n leesteken op ’n verkeerde plek tot ’n heel ander betekenis kan lei. Is Lukas 23:43 nie moontlik ’n voorbeeld hiervan nie? Dalk behoort hierdie vers só te lees: “. . . Voorwaar Ek sê vir jou vandag, jy sal saam met My in die Paradys wees.”

Johannes 20 vertel ons dat Maria Magdalena op die eerste dag van die week (Opstanding) by die graf gestaan en ween het toe Jesus met haar praat – verse 16 en 17: . . . Maria! . . . Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na My Vader en julle Vader, en my God en julle God.” Jesus het in die graf geslaap tot Sy opstanding. As jy direk Hemel toe gaan, sou jy onverganklik wees. Daar is net Een wat onverganklik is, Christus Jesus.
Bonny van der Merwe

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication