Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


23 Apr 2018  

Laasnag het ek ’n opbouende droom oor JOY! Magazine gehad. Ek dink dit sê iets van Pappa God se hart en opgewondenheid oor die boodskap wat JUIG! en JOY! uitdra. In die droom sit ek by ’n pragtige houttafel. Daar is ’n silwerraam om die mooi rooibruin hout. Op die tafel lê ’n hele hoop koerante. Ek lig die boonste koerant op en die volgende een is ’n koerant van JOY! Ek is so verbaas om te sien dat die tydskrif nou ’n koerant is en is baie opgewonde oor al die goeie nuus daarin. Ek roep mense nader en vertel hulle van die nuwe koerant. In die droom sê ek: “En die beste van alles is dat al hierdie goeie nuus absoluut gratis is!” Die samelewing word gebombardeer deur negatiewe nuus. Daarom is JUIG! en JOY! regtig ’n vars bries wat positiewe nuus die wêreld instuur. Dan stuur julle natuurlik ook die Goeie Nuus van Jesus ons Verlosser in sy volle waarheid en suiwerheid die wêreld in. Die hout van die tafel in die silwerraam weerspieël presies dit. “Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!” – Jesaja 52:7. Hoe heerlik om sulke geestelike kos op te dien aan ’n wêreld wat honger en dors na die waarheid; gedek op ’n tafel wat van die vergifnis en verlos-sing van die kruis spreek. Mag JUIG! en JOY! van krag tot krag gaan en baie mense nader roep om Jesus te ontmoet!                                 

Cea du Plooy

 

Dit is voorwaar ’n profetiese droom omdat ons pas met ons nuwe nuustuiste, JOY NEWS!, op www.joynews.co.za begin het, waar ons daagliks Engelse Christelike nuus plaas. Ons Afrikaanse lesers kan Afrikaanse nuus op www.joydigital.com vind. Gaan loer gerus na ons nuus en as jy self positiewe nuus het oor wonderwerke of Christelike gebeure in jou omgewing, stuur dit aan redaksie@juig.co.za

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication