Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


23 Apr 2018  

In Rapport (1/4/2018) is berig oor die “Geldmaak-kongres” wat in April by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand gehou sou word met kaartjies wat tussen R3 500 en R5 000 per persoon kos. Die kongres word gehou om “mense te leer om geld te maak deur Bybelse beginsels”. Daar word verder genoem: “Mense word deur God geseën om ryk te word en ons het al baie mense gehelp om miljoenêrs te word.” Hier moet mense baie versigtig wees, want dit is glad nie wat die Bybel verkondig nie. Die Bybel sê uitdruklik dat ons nie God én Mammon kan dien nie; dat ons nie aardse nie, maar hemelse skatte hier op aarde moet vergader; dat ons niks met geldgierigheid te doen moet hê nie; dat die verleiding van rykdom (saam met die sorge van die lewe en die begeertes na allerhande dinge) die Woord verstik sodat dit nie vrug dra nie; dat hebsug die mens onrein maak. Daar is ook nog die gelykenisse van die ryk dwaas, die ryk jongman en die bedelaar Lasarus en die ryk man wat die Bybelse standpunt verder toelig. Daar is baie teksverse in die Nuwe Testament wat hieroor handel (onder meer Matt. 6:19-24; Mark. 4:19, 7:20; Luk. 1:53, 3:11, 4:18; Joh. 10:10; 1 Tim. 6:6-8; Heb. 13:5; Jak. 1:9). Daar is ook teksverse wat sê dat God vir ons sorg en dat ons aan ander moet gee (Luk. 3:11 en 1 Joh. 3:17).           Thinus Venter

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication