U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


23 Apr 2018  

Nogmaals dankie vir julle wonderlike tydskrif. Ek en my vrou het voor ons bekering jare in ons eie finansiële besigheid saamgewerk totdat ons bankrot verklaar is. Ná hierdie ervaring het ons tot bekering gekom – nie net gelowiges wat kerk toe gaan om te ontvang nie, maar om ’n bydrae te lewer en te gee.

Vyftien jaar gelede het die Here met my vrou gepraat en gesê sy moet betrokke raak in ons gemeenskap. Sy het ons kerkkantoor gebel en gevra hoe sy by die kerk se gemeenskapswerk betrokke kan raak. Sy is ingelig dat ’n klompie bejaarde dames gewoonklik op ’n Woensdag kos voorberei en dan hawelose mense nooi om ’n goeie maaltyd te nuttig en te luister na ’n voor-lesing uit die Bybel. Van hierdie bejaarde dames sou egter wegtrek om by hul kinders te gaan woon. My vrou het besluit dit is tyd om gehoorsaam te wees en het ’n bediening begin waarvan sy bittermin geweet het. Sy het drie “boemies” leer ken wat ons lewe verander het en met wie sy ’n pad gestap het totdat hulle almal uiteindelik oorlede is. Daar is nie genoeg ruimte om alles te vertel nie, maar wat ek graag wil sê, is:

1. Jesus het nie gesê: “Gaan soek iemand om die armes aan jou uit te wys nie.” Hulle is oral om ons.

2. Dit is nie net die leraar se plig om na die behoeftiges om te sien nie, dit is die kerk se plig, ek en jy, want ons is die Liggaam van Christus.

3. Die Bybel leer ons om nie te oordeel nie, aangesien ons volgens dieselfde maatstaf geoordeel sal word. Leraars het hul verantwoordelikhede wat hulle baie besig hou en ons, as gemeente, moet daar wees om ’n helpende hand uit te steek en ons deeltjie te doen.

As gevolg van my vrou se besluit om na God te luister, bedryf sy nou ’n liefdadigheidsdiens genaamd “Services on Wheels”. Sy versamel brood en bederfbare produkte by supermarkte en bring dit na die kerk, waar sy ’n span het wat dit sorteer, verpak en dan aan behoeftiges in ’n omtrek van 20 km in ons stad uitdeel. Sy bestuur ook die klerebank en gaan haal enigiets wat mense weggee, soos yskaste, vrieskaste, stowe, beddens, boeke, ens. en deel dit uit aan meer as 250 behoeftiges wat sy geïdentifiseer het. Dit het alles baie klein begin en is nou haar voltydse werk waarvan sy baie hou. Dit is tyd om die daad by die woord te voeg en nie te wag vir iemand anders nie.                                                                        Henry

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication