Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


22 May 2018  

Ek het onlangs die berig oor die halaal-kwessie op joydigitalmag.co.za gelees. Baie dankie daarvoor, want min Christene besef die probleem met die halaal-merk. Ek is deel van ’n klein organisasie sonder winsmotief wat die halaal-merk al jare beveg. Dit was juis óns wat die publiek gemotiveer het om die klag te lê. Ons het geruime tyd nadat ons die klag by die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte (KGT) gelê het, geen reaksie gekry nie en het gedink daar sal niks van kom nie.

Die organisasie wat ek begin het, is die eerste in sy soort ter wêreld. Christian Friendly Products (CFP) het ’n paar jaar gelede begin om ’n Christelike handelsmerk as alternatief vir die halaal-merk te bemark. Ons het twee doelwitte: Ten eerste wil ons die groot Christen-befondsing van Islam deur die halaal-merk probeer stopsit en ten tweede wil ons van dié geld na die Koninkryk kanaliseer. Ek was self in die sendingveld en het gesien hoe ’n wêreld sonder Christus lyk en hoe belangrik dit is vir die wêreld wat verlore gaan om die blye boodskap van die Evangelie te hoor. Die internasionale halaal-mark is sowat $2,7 triljoen werd en ’n mens kan net droom oor wat die Kerk met net ’n bietjie daarvan kan vermag.

Vir jare al bid en werk ons aan bewusmaking oor hierdie saak en nou sien ons hoe die Here hierdie saak deur die media verder neem. Belangstellendes kan gerus ons webwerf christianfriendlyproducts.com besoek en ons op Facebook by Christian-Friendly-Products (CFP) opsoek.

Etienne de Jager

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication