Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


22 May 2018  

Ons is baie ontsenu oor die regering wat grond wil onteien sonder vergoeding. Dan het daar ook nog miljoene rande uit die staatskas verdwyn. Jesaja 9:15 som ons benarde posisie só op: “Dié wat die volk moes lei, het hulle mislei, en dié wat gelei moes word, is verwar.” In ons verwarde en onseker toestand hoor ons egter U Stem duidelik: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” – Spreuke 3:5-6.

Wees verseker die Here het die sleutel tot ’n mooier môre (Psalm 16:11). As jy na al negatiewe kommentaar van die parlementariërs, die media en die publiek luister, voel jy soms om maar die handdoek in te gooi. Maar dan waarsku God in Jesaja 7:9: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Wat is geloof? C.S. Lewis het gesê: “Geloof in God sien die onsienlike, glo die ongelooflike, ontvang die onmoontlike.” Jesus het gesê vir die mens is dit onmoontlik, maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.

Hemelse Vader, help ons om gehoorsaam te wees aan U reddingsboodskap in Jesaja 30:15: “As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.” Wonderbare Raadsman, baie dankie, ons is nie meer onrustig oor die regering se planne om plase te onteien sonder vergoeding nie, want ons weet ons probleme is veilig in U hande. Magtige God, help ons asseblief om getrou te wees aan u opdrag in
1 Tessalonisense 5:16-18: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

P. Pelser

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication