Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


22 May 2018  

“… en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie ’n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.” – Markus 6:34. Daar is verwagtinge by dié wat nie grond het nie, en daar is vrese by dié wat grond het. Ons almal lewe asof ons lewens bedreig word. Kan ons ons regering vertrou? Is ons soos skape sonder ’n herder, of het ons meer as dit – ’n Vader in die hemel?

Die almagtige God is liefde; daarteenoor staan vrees. Vrees sny die lugtoevoer na ons Vader af, ons geloof, want die liefde werk deur die geloof. Ons moet besluit: Sal ons vrees, soos dié om ons – hulle sonder ’n Vader – of sal ons in Sy liefde bly glo en in volle vertroue, sonder vrees, begin lééf? Lukas 14:33 sê: “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.” (Die grondkwessie raak nie net boere of eiendomsbesitters nie, maar ons álmal. Ons is almal op die een of ander manier besitters.)

Waar kom die stryd en die rusies onder julle vandaan, vra Jakobus (4:1). Dit kom van die selfsugtige begeertes wat gedurig in ons woed. Dit is die mens se universele erfenis. Hy voel altyd ’n behoefte en drang na iets. Maar hoor wat sê Lukas 2:14: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!” Die Griekse teks sê: “… vrede tussen hulle in wie God ’n welbehae het.” Matteus 5:9 sê die vredemakers sal geseënd wees.

Géén mens is sonder God regverdig nie! Maar beklee jou met die geregtigheid van Christus en versoen jou met Hom en dan het jy vrede – vrede met God, vrede met jouself, en vrede met jou naaste. “As dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”
– Romeine 12:18.                                     

H.F. de Bruto

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication