Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


22 May 2018  

Dit was aangenaam om Bonny se brief te lees. Haar argument oor wat ná die dood en Jesus se wederkoms gebeur, is interessant en word deur die Skrifgedeeltes wat sy aanhaal, ondersteun. Daar is egter ook Skrifgedeeltes wat die gedagte nie ondersteun nie. Dink aan Jesus se gelykenis van Lasarus en die ryk man. Jesus sê duidelik dat Lasarus deur die engele weggedra is en aan die boesem van Abraham was toe die ryk man sterf (Lukas 16:19-31). ’n Ander Skrifdeel wat by my opkom, is Openbaring 7:9-10.

Die kruiswoorde van Jesus aan die misdadiger word nie soos Bonny dit voorstel in die Interliniêre Bybel weergegee nie. Daar is ’n dubbelpunt ná “Jesus antwoord hom” en ’n punt ná “in die paradys wees” (Lukas 23:43). Daar is geen ander onderbreking nie. Dit is moontlik dat ’n fout
begaan is tydens die skrywe van Lukas, of enige ander deel van die Bybel. Ons moet onthou dat dit mensewoorde en -uitdrukkings is wat in ’n spesifieke konteks gebruik is en dat die oorspronklike aanhoorders verstaan het wat aan hulle meegedeel is. Soos sy tereg skryf, in die Ou Testament is geen leestekens gebruik nie. Die Nuwe Testament het wel leestekens en ons hoop dat hulle
reg gebruik is.

’n Skrifdeel wat ek dink verkeerd in die Bybel verskyn, is Eksodus 20:2. Moses het die Here as “Ek is” geken. Dit is hoe God Hom aan Moses voorgestel het. Moses sou dus nie “Ek is die Here jou God” geskryf het nie, maar “Ek is, die Here jou God, wat jou ’n Interessante aansluiting by Bonny se argument is Jesus se “Ek is”-uitsprake. Indien die uitsprake “Ek is, die Lewe was, in plaas van “Ek is die Lewe . . .”, verskaf dit ’n interessante nuwe perspektief. Dankie, ek geniet die puik tydskrif baie.

Willie Nel

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication