Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


18 Jun 2018  

Dankie vir nog ’n wonderlike uitgawe. Elke keer as ek JUIG! lees, inspireer dit my om te skryf, by te dra of betrokke te raak by kerke en organisasies, ook by uitreikaksies in ons pragtige land en oorsee. Dit bemoedig my om te sien wat God doen, iets waarvan baie mense onbewus sou wees as dit nie vir JUIG! was nie. Dit is vir my ’n plesier om JOY! / JUIG! te bevorder in my hoekie van die wêreld en om te bid dat julle van krag tot krag gaan.

As ek een droom het, is dit dat al die verskillende dele van die Liggaam van Jesus Christus [kerke] een netwerk word wat saamwerk om die Bruid op te bou en die siele te oes. Baie van die werk wat kerke doen, word gedupliseer. Ons is nie almal kundiges op alle gebiede nie en kan die hulp van entrepreneurs gebruik wat weet wat hulle doen. Meer kan dan gedoen word met baie minder en sodoende kan die trefkrag van die Koninkryk verhoog word. Miskien sal die Here hierdie droom eendag bewaarheid. Ek glo dat julle tydskrifte ’n katalisator is hiervoor, aangesien julle al die kerke en leraars sowel as geestelike gebeure bymekaarbring in een fantastiese publikasie sodat almal dit kan sien. Ek hou baie daarvan!

Pastoor William Bam

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication