Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


18 Jun 2018  

Ek wil graag ons gemeenskap bewus maak van die mense wat met soveel liefde en oorgawe ’n verskil in ander se lewens maak. Hierdie mense besit ongelooflike moed en weet waar hulle krag en sterkte elke dag vandaan kom. In ons gemeenskap is daar baie mense wat soveel liefde uitstraal en dit word amper nie eens meer raakgesien nie. Toe ek ’n vriendin in die hospitaal gaan besoek, hoor ek hoe iemand ’n kankerpasiënt moed inpraat, vir haar die mooiste gebed doen en haar ontferm oor hierdie mens. Ek het om die gordyn geloer en gesien dat dit ’n nederige saalassistent is wat so spontaan en pragtig bid. Ek het skaam gevoel en daar en dan besluit om weer te begin met gemeenskapdiens – ek weet God plant in elkeen van ons daardie saadjie om ’n verskil in ons medemens se lewe te maak. Daar kom ’n tyd in ons elkeen se lewe, of ons nou ryk, arm, gesond of sieklik is, dat ons ook op een of ander manier hulp nodig gaan hê. Dit is ’n droewige feit dat daar mense is wat geen familie of nabye vriende het nie. In tye van nood is ons as gemeenskap die troosters en die helpers. Kom ons reik uit na ander wat vertroosting en hulp nodig het.

Antoinette Schoeman

 

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication